Pornografiese akteur

Die porno-aktrises Riley Steele, Stoya, BiBi Jones, Kayden Kross en Jesse Jane by die AVN-toekenning van 2012 in Las Vegas, Nevada.

’n Pornografiese akteur of pornoster is ’n akteur of aktrise wat seksdade op film uitvoer vir ’n pornografiese rolprent. Dié prente word in verskeie genres gemaak en beeld seksuele fantasieë vir die kyker uit. Die akteurs in ’n spesifieke rol word gekies na gelang van hul vermoë om daardie spesifieke fantasie te help skep. Pornografieprente is gewoonlik óf "sagte" pornografie, sonder die uitbeelding van penetrasie of ekstreme fetisjisme, óf "harde" pornografie, waarin penetrasie of fetisjisme, of albei, voorkom. Die meeste akteurs spesialiseer in sekere genres, soos lebiese seks, vasbinding, meervoudige penetrasies, anale seks, die sluk van semen, veelrassige seks of seks met tieners of sogenaamde MILFs (ouer vroue).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search